
Dit is ‘n feit dat ons Suid-Afrikaners ‘n trotse nasie is wat ons mense, omgewing en eg Suid-Afrikaanse gebeurtenisse koester!
Daar is ‘n hele paar goed wat ons kan lys wat so deel is van ons bestaan hier in sonnige Afrika naamlik, braaivleis, vakansie, kamp, nasionale parke, avontuur, buitelug aktiwiteite, die groot vyf en bordspeletjies.
Hierdie bordspel is ontwerp en saamgestel deur trotse landsburgers wat graag wil poog om sekere elemente van Suid-Afrika te behou en aan ons kinders en kleinkinders oor te dra. Terwyl julle Die Volgende Stop bordspel gaan speel gaan jy genoeg feite van ons wonderlike land speel speel leer en terselfdertyd hope pret hê.