Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte
antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees.
Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad
agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s'n? Word hy
agtervolg? Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is
meer ratverwisselings en onthullings as in 'n hele TV-reeks, deur 'n skrywer wat
weet hoe 'n tiener se kop werk